Eksarg

Eksarg is die titel van een van vier funksionarisse:

  1. Opperbevelhebber en stadhouer deur 'n Bisantynse keiser oor 'n bepaalde gebied aangestel, veral dié oor Ravenna, Italië.
  2. In die ou Christelike Kerk - Biskop aan wie ander biskoppe onderworpe was.
  3. In die Grieks-Ortodokse Kerk - Verteenwoordiger van die patriarg of metropolitaan, aan wie dié 'n deel van sy regte afgestaan het; oorspronklik hoof van 'n provinsie.
  4. Hoof van die Bulgaarse Kerk, tot 1915.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search